swipe / scroll left or right to view news


swipe / scroll left or right to view releases


swipe / scroll left or right to view videos

Afrikaanse sanger Egmond is reeds sedert 2003 op die musiek toneel met musiek video treffers en #1 liedjies wat opspraak maak en aandag trek van regoor die wêreld. Kyk maar na die verskeie vermaaklikheids webtuistes se voorblaaie wat hy reeds gehaal het die afgelope dekade, nasionale televisie wat sy videos speel en radio stasies waar hy luisteraars vermaak. En met digitale verkope van net oor die miljoen eenhede moet daar iets uniek wees aan die veelsydige liedjie skrywer en sanger

As digter publiseer Egmond reeds op 19 'n klompie gedigte in Engeland. Sy liefde vir skryf en musiek het reeds op 17 bymekaar gekom toe hy sy eerste liedjie This Morning geskryf het, wat uiteindelik 6 jaar later opgeneem word.

Sy debuut album Ongevraagde "Hello" is in sy finale form in Oktober 2011 uitgereik, maar sedert die treffer Mors in 2004 op Radio Pretoria gespeel het, word daar vir 7 jaar lank gesels in verskeie radio onderhoude oor die nuweling op die Afrikaanse musiek toneel. Sy deurbraak volg in 2010 op ASTV (nou MYtv) met die treffer video vir Gee Voor Jy Groet. Die album bevat ses top 10 treffers, waarvan Dis Elektries (ft Yolandi) vir 8 weke lank #1 gekraai het op Uitsaaines en 'n totaal van 22 weke in die Top 10 was op hierdie stasie. Sy tweede album Ongevraadge "Ritmes" word in 2012 uitgereik en Ongelooflik, die eerste enkelsnit, maak skokgolwe op Channel24 in April 2013 toe dit 'n bespiegelde lys haal. 'n Verwerkte weergawe van Jy's In My Bloed word as 2de treffer uitgereik en die kollig word gedeel met die internasionale superster Glenda Millar van die groep Clout. Die musiek video, wat spog met speelgoed uit die tagtiger jare van die bekende kinderprent TV-reeks ThunderCats, maak internasionaal opslae toe die stem agter die hoofkarakter, Larry Kenney, self die "thumbs up" vir die komiese musiek-video gee.

Next Music teken Egmond as digitale kunstenaar ook in 2013 en reik sy hele katalogus op digitale platforms uit, insluitende iTunes en Google Play. Dieselfde jaar volg Kom Red My wat 'n verrassende 11 000 kykers gelok het op You Tube nadat die musiek video sy debuut op Channel24.Co.Za gemaak het. In 2014 word sy EP Vuil Wasgoed uitgereik, gevolg in 2015 deur 'n treffers versameling 1 Dosyn - Grootste Treffers.

DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) word in Augustus 2015 uitgereik as voorganger vir sy 2016 vierde album Nog Vuil Wasgoed. Die album lewer in 2018 die nommer 1 treffer Melkweg Reënboog en die Top 5 treffer Reën (Aan Die Brand Steek) op terwyl Egmond ook terselfde tyd sy eerste Engelse EP Lights Blinding uitreik. Die voorganger enkelsnit Better Days (ft Algorrid3m) tref die nommer 1 posisie in Mei 2018 op Hosa Radio en haal ook oor die 10 000 kykergetalle op You Tube vir die musiek video.

Na vier Afrikaanse studio albums, 'n Engelse EP en tonne kleurvolle musiek videos, vier Egmond sy 15de herdenking in die musiek industrie in 2018 met die uitreiking van twee treffer albums, getiteld Sirkus Applous en Meer Sirkus Applous. Hy vier weer sukses op verskeie radio stasies landswyd (en internasionaal), en met die kollig weer terug op sy string treffers, keer Egmond terug met 'n splinternuwe enkelsnit Koebaai. Die hartseer opbreek-liedjie wat geskryf is saam met die 70's en 80's ikoon Sandy Robbie (van die groepe Clout en Cirkus) se briljante musiek video word opgeneem in Mosambiek se kusdorp Pomene. Die video sien ook Egmond se terugkeer op MYtv in Augustus, terwyl dit op YouTube die 20 duisend merk kykergetalle verbysteek en ook 'n Top 10 treffer word op Hosa Radio.

In Oktober 2018 verskyn 'n gedeelte van die Kom Red My musiek video op die KykNet program, die Van Coke Show, voordat Egmond die jaar afsluit met 'n Kersfees weergawe van V'more (ft Glenda Millar).

Die jaar 2020 skop af met die "Skrikkeljaar" weergawe van sy debuut album wat 3 demos insluit wat weggelaat is vanaf die oorspronklike album. Sy album Remixed word afgekondig in Mei 2020 en word ook as 'n visuele album uitgereik wat 'n string remixes bevat. Al 11 liedjies wat op die album ingesluit is word as musiek videos gedurende die maand uitgereik, terwyl die album in Junie uitgereik word. Egmond reik ook 'n solo weergawe van Electric uit met 'n nuwe video einde Junie 2020. Die jaar eindig met die uitreiking van die enkelsnit Everything We Say ft Algorrid3m. Die video is op die Indiese Oseaan opgeneem in Maart 2019, maar word eers uitgereik op 4 Desember 2020.

Die 10de herdenking van die debuut album se 2011 weergawe word in 2021 gevier met die uitreiking van Ongevraagde "Hello" 2.0, en van die album se treffers kry nuwe weergawes, ondermeer Hello (voorheen Gister) en Dis Elektries. Verslaaf kry ook 'n 2021 weergawe wat 'n video treffer word met oor die 4000 kykers op YouTube.

Die sanger spog reeds met nog opkomende liedjies se titles op sosiale media soos Onverdiende Pyn, Iemand, Aardbewing, Spookasem en Encore (Op Die Radio). Laasgenoemde word beplan vir 'n 2022 uitreiking vanaf die opkomende Sirkus Applous Encore album. Onthou waar jy die ander titels raakgelees het wanneer Egmond terugkeer met nog nuwe musiek in 2023 vanaf sy opkomende album Karnaval.

Egmond is 'n ThunderCats, She-Ra, Lord of the Rings, Harry Potter en Roxette aanhanger, het 'n trilogie geskryf getiteld The Stone Heroes, hou van flieks, tv reekse en sy ouma se koeksisters. Next Music distrubeer Egmond se musiek op iTunes en vele ander platforms. Vir meer besonderhede, kontak musiek@egmond.co.za.