 14/01/12 Egmond Se Gunsteling Boeke
Skaars 'n paar dae na die onderhoud op die webwerf van Black Mountain Magazine, volg nog 'n artike oor Egmond. Die plaaslike koerant Die Pos het Egmond gekies vir hul eerste uitgawe van 2012 as hul weeklikse plaaslike bekende wie se 8 gunsteling boeke ten toon gestel word. Egmond moes sy gunstelinge boeke kies en ook vertel hoekom hy daarvan hou. Sy gunsteling boeke is The Lord of The Rings, die Harry Potter-reeks, die Hannibal Lecter-reeks, If Only (van Geri Halliwell), The God of Small Things, Brolloks & Bittergal, Child in Darkness en The Lost Symbol. Interessante keuse of hoe?
 09/01/12 Artikel op Black Mountain Magazine
Laat 2011 is Egmond gekontak deur die uitgewers van die tydskrif "Black Mountain Magazine" vir 'n moontlike onderhoud vir die tydskrif se webwerf. Die onderhoud, wat heelwat onbesproke geheime bekendstel, is vandag geplaas op die tydskrif se webwerf. Besoek gerus die webwerf nou by www.bmmag.co.za.
 04/01/12 "Vlieg" op Bosveld Stereo
Vlieg, die duet treffer met Yolandi, is ingesluit op die speellys van Bosveld Stereo, die briljante stasie wat vanaf Ifafi in Hartbeespoort uitsaai. Kontak gerus die ateljee om aan te dring om Vlieg te speel - ateljee@bosveldstereo.co.za. Sms ook jou versoek na 34061.
26/12/11 Laaste Onderhoud Vir 2011
Wat was jou 2011 hoogtepunte?
Verseker die opname en die bekendstelling van "Vlieg" met Yolandi, my CDs wat in Musicco te koop is en die finale uitreiking van die debuut album. En dan ook al die musiek videos wat ek hierdie jaar uitgereik het! 'n Groot totaal van 4! Laastens die feit dat "Dis Elektries" so lank al reeds #1 is op Uitsaaines!!!!!!!
Was daar enige laagtepunte?
Seker maar.... Hehehe
Wat is die storie agter "Vuil Wasgoed"?
Die titel van die album is reeds in 2008 gekies, dit het in my kop vasgesteek en het later ontaard in die opkomende album se versameling liedjies. Daar is ook 'n liedjie met die naam "Vuil Wasgoed". Die album se opname vind plaas in 2012. Daar is reeds 2 snitte met backtracks gereed vir opname vroeg in die nuwe jaar, waarvan een getiteld is "Een Ding" - as jul kan onthou, hierdie liedjie sou al in 2010 uitgereik gewees het maar is teruggehou. Die eerste single "Vlieg" is reeds voltooi. Voordat die album uitgereik gaan word sal daar nog 3 of 4 singles uitgereik word. So alhoewel "Vuil Wasgoed" nog 'n entjie van klaar af is, sal daar in 2012 nog baie nuwe musiek uitgereik word!
Wat word beplan vir 2012?
Eerste op die agenda is seker die voltooiing van die "Brug Lelies" musiekvideo wat onlangs as snippet bekend gestel is. In die nuwe jaar gaan ek en Yolandi bymekaar kom vir 'n klein mini-bekendstellings toer in Limpopo. Daarna is dit tyd vir opnames en nogmaals opnames! Die volgende nuwe single word in Maart uitgereik. Die opvolg sal seker in Junie/Julie kom en dan die vierde single kort voor die album bekendstelling in Desember 2012. Tussendeur wil ek ook nog optree. En musiekvideos opneem vir die treffers!!
Wat heet die volgende single?
Ek en Yolandi het direk na "Vlieg" besluit op die opvolg single getitled "Melkweg Reenboog". Maar intussen het ek nog nuwe liedjies geskryf, en ek sit met 3 snitte waaruit ek nie kan kies nie. Al 3 gaan singles wees, maar ek weet nie of "Reen (Aan Die Brand Steek)" of "Deidre" vir "Melkweg Reenboog" gaan voorspring of nie. Al 3 is fantasties. Dit hang maar van die producer Bernie Millar af. Hy kry juis in Januarie die 3 liedjies om uit te kies!
 24/12/11 Kerswense & Geskenke
"Hiermee wil ek elkeen wat my (en natuurlik Yolandi ook!!) ondersteun het deur 2011 hartlik bedank en 'n wonderlike Kersfees toewens. Mag al jul drome waar word in die nuwe jaar soos baie van myne reeds waar geword het hierdie jaar. Geniet die tyd saam met julle familie en vriende. As 'n klein geskenkie stel ek solank 'n paar sekondes bekend van die verwerkte video van Brug Lelies met Yolandi op Facebook. Die liedjie, wat oorspronklik reeds in 2010 as single uitegereik is, is vir die album bekendstelling vanjaar oor opgeneem met Yolandi daarby - en die oorspronklike musiek video is dus aangepas om haar daar in te sluit. Geniet dit!!! Laastens maar nie die minste nie - daar sal weer 'n jaarlikse onderhoud wees waar ek 'n paar geheime gaan verklap oor die opkomende album Vuil Wasgoed. Hou die webwerf en facebook dop! Beste wense - Egmond!"
 23/12/11 Steeds #1 (& #5!) met Yolandi
Dis Elektries (feat Yolandi) het vir die 8ste week in 'n ry koning gekraai op Uitsaaines as die #1 liedjie gestem deur die publiek. Die nuwe single Vlieg, die duet met Yolandi, het geklim van die nommer 7 posisie na die nommer 5 posisie op die Uitsaaines Top 10 om 10. Kry jou stem in hier op die voorblad vir Vlieg om in 'n beter posisie te kom! Indien Dis Elektries vir 10 weke in die nommer 1 posisie bly, sal dit Goue Status kry op die stasie Uitsaaines - hou dus aan om jou stemme te stuur per epos na studio@uitsaaines.co.za.
 22/12/11 GVJG op Oostenryk Radio
Skakel in om 1pm vandag om te luister na 'n spesiale program op die Oostenrykse Stasie RADIO ST. FLORIAN AM INN (http://www.rsf1.at/). Die aanbieder Frans Maritz van Independant SA Superstars het Egmond se 1ste single Gee Voor Jy Groet in die speel lys ingesluit. Moet dit nie misloop nie!!
 09/12/11 Egmond Terug In Die Pos
Egmond verskyn weer in die plaaslike koerant Die Pos hierdie naweek, met 'n berig oor die onlangse sukses wat hy ervaar het. Die berig rapporteer oor die album en single wat in Mussico winkels te koop is, asook die duet Vlieg, en die Dis Elektries prestasie op die Uitsaaines treffersparades. Daar is ook 'n advertensie in die koerant van die poster wat tans in Musicco winkels is. Kry vandag jou kopie.
 04/12/11 Egmond CDs in Musicco!
'n Maand nadat die duet Vlieg met Yolandi op Uitsaaines opgeneem is, word die splinternuwe single, asook die debuut album Ongevraagde "Hello" uitgereik in Musicco winkels. Diegene wat onlangs gelees het op Facebook dat daar groot nuus bekend gemaak gaan word het in spanning gewag vir die bekendmaking daarvan! Die kettingwinkel groep Musicco verkoop Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello" teen R99.95, asook die single Vlieg (duet met Yolandi) teen R49.95 (laasgenoemde sluit ook die #1 Uitsaaines treffer Dis Elektries feat Yolandi in). Musicco se drie Limpopo winkels is in Thabazimbi, Ellisras en Bela Bela.
 20/11/11 "Brug Lelies" video met Yolandi
Die tweede single Brug Lelies vanaf Egmond se debuut album, Ongevraagde "Hello", is vir die uitreiking opgeneem met Yolandi van Dis Elektries-faam weer aan boord. Die oorspronklike solo-weergawe se musiek video is die afgelope naweek aangepas om Yolandi in die treffer video in te sluit. Volgens Egmond is die storie van die video nogsteeds dieselfde, maar Yolandi se teenwoordigheid maak dit 'n klein bietjie meer "magical"! Die eerste foto hiervan is bekendgestel hierbo. Die musiekvideo sal in Januarie 2012 uitgereik word. Tydens die opname, wat in Warmbad plaasgevind het, het Egmond en Yolandi ook verskeie aspekte bespreek van sy opkomende tweede album. Daar kan genoem word dat die volgende single ook moontlik 'n duet gaan wees met Yolandi en dit sal in dieselfde styl wees as Vlieg.
 15/11/11 "Vlieg" en "OH" op RhythmOnline
Die nuwe single Vlieg, die duet met Yolandi, asook Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello", is beide nou te koop op die RhythmOnline musiek webwerf. Mp3's kos slegs R7.00 elk. Jy kan Vlieg hier koop, en die debuut album Ongevraagde "Hello" hier!
 11/11/11 "Vlieg" Duet Premiere op Uitsaaines
Vandag word Vlieg, die nuwe duet met Yolandi, bekendgestel op Uitsaaines om 11.11am. Die nuwe treffer, wat reeds hewig bespreek word, maak sy debuut hier op www.uitsaaines.co.za, met 'n nuwe musiekvideo wat ook uitgereik is op Egmond.Co.Za en YouTube. Die duet kan ook verkry word op RhythmRecords.Co.Za teen slegs R7.00 per mp3!!! Volg die skakel hier!
 05/11/11 "Vlieg" Duet Voltooi
Gister aand 6:30 is Egmond se opkomende single, die duet Vlieg met Yolandi, voltooi in Johannesburg, Sandton. Daar is groot opgewondenheid oor die duet wat op 11.11.11 om 11.11am en 11.11pm premiere op Uitsaaines. Skakel in om te luister na Vlieg en besoek vandag nog www.uitsaaines.co.za.
 19/10/11 Mors op Channel24.Co.Za
Die nuwe single Mors is deur Channel24.Co.Za opgetel en het vir 'n ruk op die briljante kanaal se voorblad verskyn as 'n gratis download. Egmond word beskryf as 'n emerging artist op die webwerf. Dis die 7de liedjie wat vanaf Egmond se debuut album op Channel24.Co.Za se webwerf geadverteer word - die eerste was Gee Voor Jy Groet, gevolg deur Brug Lelies, As Jy wil, Verslaaf en Dis Elektries se vorige duet weergawe, asook Iewers. Gaan vandag nog na die briljante webwerf toe vir die nuutste nuus oor als "entertainment"!!
 17/10/11 Ongevraagde "Hello" voltooi
Egmond se debuut album word vandag offisiëel bekendgestel. Ongevraagde "Hello", wat reeds sedert 2008 in verskeie formate uitgereik was, word vandag uitgereik hier op Egmond.Co.Za. Sê Egmond: "Die uitreiking is 'n celebration van die pad wat ek gestap het met die album." Brug Lelies, die laaste liedjie wat voltooi is, is nou 'n duet met Yolandi van Dis Elektries-faam (Brug Lelies was reeds in 2010 as video uitgereik, maar is nou opgeneem as 'n duet spesiaal vir die album se bekendstelling). Daar is 'n limited edition CD/DVD edition wat al Egmond se musiek videos bevat. Dit sluit die treffers Gee Voor Jy Groet en Iewers in, asook die nuwe video van Mors. Die duet weergawe van Brug Lelies se musiek video is nog nie voltooi nie, maar die solo weergawe se video is hierop ingesluit. Die album is hier te koop en word later die maand op RhythmRecords.Co.Za uitgereik.
 11/10/11 "Brug Lelies" voltooi met Yolandi
Die nuwe weergawe van die treffer Brug Lelies is nou voltooi. Die snit, wat spesiaal vir die album se uitreiking opgeneem is, is 'n duet met Yolandi - die engel stem agter Dis Elektries. Die nuwe duet is volgens Egmond ongelooflik pragtig en hy noem ook dat haar stem die liedjie tot sy volle glorie bring. Die liedjie het sy premiere op Uitsaaines Donderdag 13 Oktober in die program Lip Lapa.
 26/09/11 "Mors" Video Voltooi
Mors, die sewende (!!!) single vanaf Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello", se video is in die vroëe oggend ure van Saterdag 24 September voltooi. Daar was reeds sprake van die video se opname in Oktober 2010, en die verfilming het plaasgevind in Julie 2011. Mors is die tweede snit wat vir die debuut album voltooi is, en het in 2004 sy debuut op Radio Pretoria gehad. Die musiekvideo se premiere van 30 September 2011 op Egmond.Co.Za is ge-"rush release" nadat een van die sterre in die video die You Tube link per ongeluk op Facebook geplaas het. Die video is dus van vandag af beskikbaar. Dit word ook eersdaags verskaf aan ASTV. Die weergawe wat in die video gebruik is, is die single-edit van Mors met 'n speeltyd van 2:59. (Die album weergawe is 3:33.) Daar was reeds in Augustus 'n "Making Of" uitgereik van die musiek video wat saam met die video beskikbaar is in die VIDEOS afdeling. Jy sal ook binnekort die musiek video kan aflaai in die DOWNLOADS afdeling.
 28/08/11 Optrede by Walliese Mannekoor
Egmond het die afgelope Vrydag 26 Augustus 2011 as gaskunstenaar opgetree tydens die Walliese Mannekoor van Suid-Afrika konsert by Shangri-La net buite Modimolle. Egmond het die 2de helfde van die aand geopen met Dis Elektries, wat gevolg is deur Iewers. Die program is afgesluit met Gee Voor Jy Groet en die gehoor is verras deur 'n spesiale duet met die Waterberg Kinderkoor wat tydens die koor gedeeltes van die treffer gesing het. Die gehoor het die duet geapplous. Die Waterberg Kinderkoor was onder leiding van Susan Brummer.
 23/08/11 Onderhoud op Uitsaaines
Op Maandag 22 Augustus het Uitsaaines (www.uitsaaines.co.za) het 'n eksklusiewe onderhoud gevoer met Egmond tydens omroeper Raymond Greenberg se program Lip Lapa. Die geselsie het gegaan oor allerlei dinge, insluitend Egmond se gunsteling liedjie vanaf die album (Gee Voor Jy Groet), die sukses van die Top 10 treffer Dis Elektries (feat Yolandi) en die opkomende snit Vlieg vanaf sy tweede album Vuil Wasgoed. Die sukses van die onderhoud het baie gevra vir 'n herhaling daarvan, wat plaasvind Donderdag 25 Augustus om 9pm op Uitsaaines, net voor die Top 10. Op die foto is Egmond tydens die onderhoud met omroeper Raymond.
 11/08/11 Egmond op Hosa Radio
Hosa Radio is 'n nuwe Afrikaanse internet radio stasie wat reeds luisteraars van regoor die wêreld het om mee te spog, en saai vanuit Nederland uit. Die uitstekende stasie spog met Afrikaanse musiek en Egmond is gelys op die stasie se webwerf. Egmond het gister sy debuut op die stasie gemaak om 10h00 die oggend tydens die program Koffietyd, waartydens 8 (!!!) van sy liedjies gespeel was, in die volgende volgorde: Gister, Gee Voor Jy Groet, V'more, Dis Elektries, Iewers, Jy's In My Bloed, Mors en Brug Lelies. Die musiek is tussendeur onderbreek deur omroeper Sylvia wat gesels het oor Egmond se loopbaan tot op hede. Skakel vandag in nog in by www.hosaradio.com en like hul facebook blad!
 15/07/11 Egmond Ge"feature" Op Uitsaaines
Egmond is gisteraand op die program LipLapa gefeature op Uitsaaines, die #1 Afrikaanse Internet Stasie. Twee van Egmond se treffers is gespeel op die program, en is afgeskop met Dis Elektries (feat Yolandi) en later voltooi met V'more. In die program het omroeper Raymond Greenberg Egmond geprys vir sy musiek videos en almal aangeraai om daarna te gaan loer. Die program het plaasgevind tussen 21:00 en 22:00. Egmond het tydens die program saam ge-"Twitter", waarvan die skreeusnaakste opmerking die kommentaar was oor hoe sy naam uitgespreek word. Omroeper Raymond Greenberg (foto bo aan) is 'n bekende op die Afrikaanse musiek toneel en het reeds gesorg vir die bekendstelling van Gee Voor Jy Groet op die stasie in 2008. Skakel in elke aand en luister na lekker Afrikaanse musiek op jou rekenaar! Onthou om 'n epos te stuur na studio@uitsaaines.co.za om te stem om Egmond se liedjies in die Top 10 te kry.
 14/07/11 Egmond op Vetseun.Co.Za
Die briljante site Vetseun.Co.Za is reeds jare lank die top plek vir inligting oor Afrikaanse musiek. Die site is onlangs opgradeer en spog nou met 'n direkte Twitter voer en ook skakels na gratis mp3s van Suid-Afrikaanse talent, musiek videos en resensies oor albums. Egmond se nuwe treffer V'more is ook hier gelys en sy Twitter-feed kan ook hier gesien word! Besoek dit vandag nog!!
 08/07/11 Terug in "Die Pos"
Daar verskyn vandag weer 'n artikel oor Egmond in die plaaslike koerant "Die Pos" wat berig oor V'more se nuwe video en ook op Gee Voor Jy Groet se sukses op die kanaal ASTV. Kry vandag jou kopie!
 27/06/11 "V'more" Video Voltooi
V'more, die sesde (!!!) single vanaf Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello" is voltooi. Daar was reeds sprake van die video se opname in Oktober 2010, en die verfilming het plaasgevind in Januarie 2011. V'more is reeds in 2003 voltooi, en het vinnig in 2004 en 2005 'n paar keer op radio gespeel. Die musiekvideo se premiere is 30 Junie 2011 op Egmond.Co.Za en word eersdaags verskaf aan ASTV.
 06/06/11 Optrede by Hartklop Kunstefees
Egmond het Saterdag 4 Junie 2011 by die Hartklop Kunstefees in Pretoria opgetree wat gehou is by die Hoërskool Gerrit Maritz. Die optrede het 'n rapsie na 1nm plaasgevind. Egmond het vier treffers van sy debuut album gesing, insluited Dis Elektries, Gee Voor Jy Groet, As Jy Wil en Iewers.
 31/01/11 Egmond in South of Africa Nuusbrief
Egmond was gefeature in die SOUTH OF AFRICA groep se nuusbrief hierdie maand! Die artikel gaan oor "Iewers" se video wat onlangs by een van die groep se hotelle geskiet is.
 09/01/11 Druiwefees Optrede
Egmond het gister sy eerste vertoning vir 2011 afgeskop by die jaarlikse Druiwefees in Nylstroom om 4h00 die middag. Die vertoning, wat bestaan het uit 5 liedjies, het volgens Egmond baie goed afgeloop. "Daar was 'n great crowd en die mense het die meeste gecheer vir Dis Elektries" (waarmee hy die show afgesluit het).
 03/01/11 "Iewers" Video Voltooi
Die splinternuwe video van Iewers is gister middag 2 Januarie 2011 as voltooid afgemerk. Die vyfde single vanaf Ongevraagde "Hello", se video is van vandag af beskikbaar op verskeie websites. Die video, wat in Desember 2010 opgeneem is, is in rekord tyd voltooi volgens Egmond, en is reeds op 22 Desember voorafgegaan deur 'n "Making Of" video wat geheime verklap het van die video en ook 'n sneak preview gehad het van 15 sekondes. Die karakters in die video is vertolk deur Liezel Joubert (ballerina), Patric du Toit (fopdosser), Pieter van Wyk (rugbyspeler), Martin en Evan Henn (tweeling) en Zaakirah Nakudah (mistress of spices). "Die mense was great fun en dit was 'n eer om saam met hul te werk," noem Egmond.
31/12/10 Laaste Onderhoud Vir 2010
Die jaar is amper verby, wat was jou hoogtepunte?
Bo aan die lys is ASTV!! Die briljante kanaal het gesorg vir 'n great 2010. Toe ek die eerste keer Gee Voor jy Groet gesien het op ASTV, het ek geweet dat die jaar 'n groot jaar gaan wees. Volgende op die lys is Dis Elektries se duet met Yolandi. En dan natuurlik die musiek videos en die kans om weer op te kon tree die jaar.
Was daar enige laagtepunte?
Hier en daar maar hoekom sal ek nou kla? Daar het te veel goeie goed gebeur om eers te dink aan die slegte.
"Iewers" was die laaste twee maande baie in die nuus, wanneer kom die video nou uit?
Vroeg Januarie 2011. Dis 'n baie cool song, my pa se gunsteling op die CD, mind you, en die video is bykans voltooi. Dankie aan almal wat die Making Of video so goed ondersteun - in minder as 2 weke is die documentary oor die 200 keer gekyk. Nie sleg vir 'n clip wat net 15 sekondes van die video bevat nie. Dis 'n rekord in vergelyking met al die ander videos wat tans daarbuite is.
Wat word beplan vir 2011?
Eerste op die agenda is my optrede by die Druiwefees op 8 Januarie. Dan word Iewers bekendgestel en dit sal teen Februarie op ASTV begin speel (hou duime vas!). Die website word ook gerelaunch in Januarie. Die video vir V'more word opgeneem in Januarie. Daar kom naas V'more nog net een single vanaf die debuut album - Mors. Ek beoog om in die laaste helfde van 2011 te begin om die 2de album op te neem. Die liedjies is almal reeds geskryf. En dan wil ek begin toer!!
|