|
Wie is Egmond?
Vir iemand van Duitse afkoms wat iewers ver langs tien teen een familie is van die ander bekende Du Plessis' (Koos, Juanita en Jay), moet mens groot dinge verwag. Sy eerste liedjie is geskryf op die rotse van Mosselbaai op die ouderdom van 17. Sy eerste gedig is in Engeland gepubliseer op die ouderdom van 19. Op 23 word This Morning opgeneem. Die res is soos hul sê, history.
Sy debuut album Ongevraagde "Hello" is Oktober 2011 uitgereik, maar daar is reeds sedert 2008 gesels daaroor in die odd radio interview hier en daar. ASTV het Egmond genader in 2010 vir 'n video. Gee Voor Jy Groet, die eerste single, het in Maart op ASTV begin draai. Dis Elektries (feat Yolandi) bereik in 2011 die #1 posisie op Uitsaaines. In Oktober 2011 word die debuut album voltooi en uitgereik met 'n nuwe duet weergawe van Brug Lelies (feat Yolandi)! Die debuut album word in Desember 2011 in Musicco te koop aangebied.
|